Hero Image

Luister na jou hart en kop

Luister na jou hart en kop

Luister na jou hart en kop

Luister na jou hart en kop

Jy weet wat jy soek in jou toekomstige huis.  Jy het met jou eiendomsagent gesels en elke huis in die gebied wat aan jou vereistes voldoen, van hoek tot kant bekyk.  Maar daar was altyd iets wat nie heeltemal reg was nie.  Toe het die agent jou na ‘n eiendom geneem wat alles en nog wat is wat jy wil hê.  Jy loop deur die voordeur en raak mal verlief op die huis!

Agente sê al vir jare dat sommige eiendomme met kliënte “praat” en, ten spyte van die feit dat dit teoreties nie hul droomhuis is nie, sal kopers meer dikwels as nie ‘n aanbod maak om te koop.

Die teenoorgestelde is waar wanneer kopers sien wat hul ideale huis moet wees.  Indien die eiendom nie reg voel nie, ongeag van hoe volmaak dinge op die oppervlak verskyn, sal kopers wegstap.

Nou vra jy jouself – is kopers te rigied in hul denke?  Natuurlik is die basiese beginsels altyd belangrik.  As jy ‘n huis met twee slaapkamers, is dit onwaarskynlik dat jy ‘n huis met twee slaapkamers sal koop net omdat jy dit wil hê.  Maar kopers is dikwels bereid om te skik op maniere wat selfs hulle verras – en die agent wat hulle rondwys.

Die meeste mense het ‘n duidelike idee van wat hulle soek wanneer hulle die eerste keer begin soek na ‘n huis.  Hulle ken die gebied waarin hulle wil ble en weet wat hulle wil en nie wil hê nie.  Die vreemde ding omtrent die hele oefening is dat, heel dikwels, die koper op ‘n huis besluit wat hy oorspronklik nie in gedagte gehad het nie. 

Sommige huise het net ‘n koord geslaan , dikwels sommer as jy by die voordeur inloop.

Agente het genoem dat baie kopers letterlik hul voet oor die drumpel het – voordat hulle die res van die huis gesien het – en net daar besluit het dat dit die huis is wat hulle wil hê. 

Dit is natuurlik ook ‘n emosionele besluit, maar een wat vir miljoene kopers regoor die wêreld werk.

Vroue is meer geneig om, beide bewustelik en onbewustelik, besluite te neem oor ‘n eiendom as hul manlike eweknieë. 

Vir die meeste vroue moet ‘n huis “reg voel” voordat hulle dit sal oorweeg om na die huis te kyk.  Of ons dit nou wil glo of nie, sielkunde speel ‘n reuse rol in die koopproses en groot getalle kopers maak staat op instink wanneer hulle ‘n huis koop.

Waarom iets net “reg” voel vir iemand, kan toegeskryf word aan daardie sesde sintuig – die sterkste en belangrikste sintuig van almal.

Om ‘n huis te koop sal altyd ‘n baie persoonlike besluit bly.  Huise word beskou as ‘n skuilplek van die buitewêreld en om die regte plek te vind is net so belangrik soos de besluit om te koop.

Baie eiendomsagente sal jou vertel van die belangrikheid van die pryse en die sielkundige uitwerking wat dit op die gemiddelde koper het.

Hulle het ‘n punt beet – die prys kan enige transaksie laat afskrik en baie kopers sal eenvoudig nie na ‘n eiendom gaan kyk nie, ongeag van enige emosionele gevoelens, indien hulle voel dit is te hoog geprys.

Kopers wat luister na hul harte en nie na hul koppe nie, kan die koopproses moeiliker vind as diegene wat die besluit op suiwer logika maak.

Maar een ding blyk redelik duidelik – diegene wat ‘n huis koop waarvoor hulle lief is, sal op die einde van die dag baie gelukkiger in die lang termyn wees.

 

Property Search

  • to